esperanto-asocio de suda afriko
  • Hejmpaĝo
  • Esperanto
    • Kaburba Kongreseto >
      • Ekzpozicio 2014-10-25 - Observatory, Kaburbo
    • Novaĵoj >
      • Bona Espero - novaĵletero
    • Lokaj grupoj >
      • Kaburbo
      • Johannesburg kaj Pretoria
    • Pri la Asocio
    • Bona Espero - revuo de la Asocio
  • English
    • Courses
    • Speak To The World
    • Discover an easy language
    • Local Groups >
      • Cape Town Conference 2014
  • Afrikaans
    • Praat Met Die Wêreld
    • Ontdek 'n maklike taal
  • isiZulu
    • Khuluma nomhlaba
    • Zitholele ulimi olulula kakhulu
  • Setswana
    • Bua Le Lefatshe Lotlhe
    • Puo e e motlhofo
  • isiXhosa
    • Thetha uviwe lihlabathi lonke
    • Fumanisa ulwini olulula
  • Vendejo
  • Pretoria Kongreseto 2017

Praat met die wêreld

Esperanto is 'n taal met 'n fasinerende struktuur, reëlmatigheid en rykheid. Dit bied ongeëwenaarde moontlikhede om dwarsoor die wêreld te reis, teen 'n lae koste en hoë bevrediging, verbind jou aan mense wat soortgelyke belangstellinge het, waar hulle ookal mag wees en open die deure van solidariteit wêreldwyd. 

Kortliks, met Esperanto praat jy met die wêreld!

Wat is Esperanto?

'n Unieke taal

Buiten die feit dat Esperanto nie aan 'n spesifieke etniese groep behoort nie, verskil dit van ander tale:
  • Dit is makliker om te leer
  • Dit is logies wat betref woordkonstruksie, meervoude, en uitspraak

Verder is dit uitdrukkingsvol, aangenaam vir die oor, en het die aanpasbaarheid om aan die moderne wêreld se vereistes te voldoen.

Waar kom dit vandaan?

Die eerste publikasie in Esperanto was in 1887 toe Dr. L. Zamenhof dit as 'n taal aan die wêreld bekendgemaak het. Sy idee was dat 'n algemene tweede taal betrekkinge tussen etniese groepe en nasies sal bevorder.

Nadat dit in die vroeë 20ste eeu hoofsaaklik in Europa versprei het, het die taal aansienlik ontwikkel in China, Brasilië, Iran, ens. In 1990 is die aantal sprekers wêreldwyd op meer as 2 miljoen(1) in meer as 100 lande geskat.

(1) Bron: World Almanac and Book of Facts, 1990, New York

Waarvoor word Esperanto gebruik?

Ontmoet mense

Deur Esperanto:
  • ontmoet buitelanders oorsee (deur konferensies by te woon, of die gratis wêreldwye losiesdiens te gebruik)
  • ontdek die wêreld van jou huis af (deur verblyf aan besoekers te verskaf, of deur korrespondensie)
  • leer ken jou landsgenote

Ontdek kulture en tale

Esperanto gee jou:
  • toegang tot 'n verskeidenheid trans-kulturele, oorspronklike of vertaalde literatuur, musiek en ander media
  • 'n beter begrip van jou eie en ander taal.

Ervaar solidariteit

Bernard Londoni Runyerera sê:
“Esperanto, as 'n neutrale taal, is 'n taal van respek en solidariteit. Esperanto-sprekers van verskeie lande het my al dikwels deur moeilike tye gehelp.”
Daar is baie voorbeelde van inisiatiewe wat finansiële en morele hulp ontvang, bv. 'n sonkragprojek in Tanzanië, 'n skool in Madagaskar, en 'n vlugtelingondersteunings- organisasie in Durban.

Wat van 'n voorbeeld?

Picture
Asteriks praat ook Esperanto (hier: “Hallo, my naam is Asteriks en ek hardloop om my friend Obeliks te gaan help!”)

En wat gebeur in Afrika?

In Afrika is Esperanto ook besig om te versprei, met verenigings in dertien lande (2), vier Afrika kongresse sedert 1990, 'n groot verskeidenheid vertaalde en oorspronklike Afrika literatuur, en 'n aantal internasionale ontwikkelings/hulp inisiatiewe.

As 'n neutrale, nie-koloniale taal, is Esperanto duidelik 'n meer aanvaarbare basis vir inter-etniese kommunikasie as die tale wat huidiglik as “lingua franca” gebruik word.

Dit is ook 'n middel om Afrika met die res van die wêreld te koppel en vir almal om van internasionale solidariteit voordeel te trek.

(2) Algerië, Benin, DRK, Egipte, Ghana, Ivoorkus, Kameroen, Madagaskar, Suid-Afrika, Tanzanië, Togoland, Tunisië, Zimbabwe.

Om op te som

Esperanto:
  • is 'n taal met 'n fasinerende struktuur, reëlmatigheid en rykheid;
  • is minder diskriminerend as enige nasionale taal;
  • gee ongeëwenaarde moontlikhede om dwarsoor die wêreld te reis, teen 'n lae koste en hoë bevrediging
  • help jou om diverse mense te ontmoet sonder om eers jou huis te verlaat;
  • verbind jou aan mense wat soortgelyke belangstellinge het, waar hulle ookal mag wees;
  • open die deure van solidariteit wêreldwyd;
  • gee you toegang tot 'n ryke versameling trans-kulturele publikasies en musiek;
  • help you om jou eie taal en die van ander beter te verstaan.

Meer inligting?







Powered by Create your own unique website with customizable templates.