esperanto-asocio de suda afriko
  • Hejmpaĝo
  • Esperanto
    • Kaburba Kongreseto >
      • Ekzpozicio 2014-10-25 - Observatory, Kaburbo
    • Novaĵoj >
      • Bona Espero - novaĵletero
    • Lokaj grupoj >
      • Kaburbo
      • Johannesburg kaj Pretoria
    • Pri la Asocio
    • Bona Espero - revuo de la Asocio
  • English
    • Courses
    • Speak To The World
    • Discover an easy language
    • Local Groups >
      • Cape Town Conference 2014
  • Afrikaans
    • Praat Met Die Wêreld
    • Ontdek 'n maklike taal
  • isiZulu
    • Khuluma nomhlaba
    • Zitholele ulimi olulula kakhulu
  • Setswana
    • Bua Le Lefatshe Lotlhe
    • Puo e e motlhofo
  • isiXhosa
    • Thetha uviwe lihlabathi lonke
    • Fumanisa ulwini olulula
  • Vendejo

Ontdek 'n maklike taal

Party mense glo nie dat Esperanto soveel makliker is om te leer as ander tale nie.  Hier is dus 'n klein demonstrasie... probeer gerus self!

So geskrewe, so gesproke

Die uitspraak van Esperanto is foneties en soortgelyk aan dié van die meeste tale. 

Die vokale word só uitgespreek:
  • a soos mat
  • e soos met
  • i soos nie
  • o soos pos
  • u soos toe

Die konsonante is dieselfde as in Afrikaans met die volgende uitsonderinge:
  • c klink soos ts
  • g is altyd soos die Engels “get”

Daar is ook spesiale letters:
  • ĉ soos tjops
  • ĝ soos budgie
  • ĵ soos genie
  • ŝ soos sjoe
Die klem val altyd op die voorlaaste lettergreep:  a-mi-ko, pa-tro, ler-nas, ĝene-ra-la

Stamme en woordeindes

Selfstandige naamwoorde: “o”
  • die vader    -   la patro
  • die blom     -  la floro
  • die straat    -  la strato
  • die boek    -  la libro

Byvoeglike naamwoorde: “a”
  • groot   -  granda
  • mooi   -  bela
  • dik      -   dika
  • vinnig  -  rapida

Bywoorde: “e”
  • maklik   -  facile 
  • vinnig   -  rapide

Werkwoorde (teenwoordige tyd): “as”
  • ek is   -  mi estas
  • ons drink  -  ni trinkas
  • hy is   -  li estas
  • hulle leer  -   ili lernas
  • ons is    -  ni estas

Woordeindes kan vrylik gebruik word, solank dit sin maak:
vriend                         
-      amiko          
vriendelik                    
-    amika          
op 'n vriendelike wyse  
-   amike          
ons is vriende              
-   ni amikas

gesondheid                
-    sano
gesond                      
-    sana
ek is gesond              
-    mi sanas

Bou woordfamilies

Soos in sommige Afrikatale kan voor- en agtervoegsels gebruik word om 'n hele familie woorde met verwante betekenisse te bou.  Byvoorbeeld:

Voegsels:
  • “mal-”  vir teenoorgesteldes      -     dika/maldika, dik/dun
  • “-ul” vir 'n persoon                     -      junulo, 'n jongmens
  • “-in” vir vroulik                           -      patrino, moeder
  • “-ig” om te veroorsaak               -    beligas, “mooimaak” d.w.s. verfraai
  • “-ebl” moontlikheid                   -      trinkebla, drinkbaar
  • “-ej”  'n plek                             -        lernejo, “plek waar 'n mens leer” d.w.s. skool
(daar is nog vele ander voegsels...)

Saamgestelde woorde:
  • pura               -     skoon
  • malpura          -    vuil
  • malpurulo     -     vuilaard
  • mi purigas      -    ek maak skoon (reinig)
  • purigejo       -      skoonmaak plek
  • purigebla      -      kan skoongemaak word

Op hierdie wyse kan 'n feitlik onbeperkte aantal woorde gebou word, bv. bela, belulo, belulino,malbelulino, beligi, beligebla, beligejo…

En nou 'n paar sinne

Soos in Afrikaans word 'n sin gevorm met 'n onderwerp, 'n werkwoord, lidwoorde ens. maar die woordorde is vry.  Die lidwoord “la” is onveranderlik.  Die meervoud word gevorm deur “j” aan die “o” of “a” eindes te voeg.

Onderwerp + werkwoord
  • Mi trinkas
  • La juna patrino lernas

Onderwerp + werkwoord + kenmerk
  • La bela floro estas malgranda
  • La junuloj estas en la trinkejo (“en” beteken “in”)

Onderwerp + ww. + direkte voorwerp
Aangesien die woordorde vry is, moet die voorwerp van die onderwerp onderskei word deur middel van 'n -n
  • Mi purigas la lernejon (ek reinig die skool)
  • La floroj beligas la straton
Laastens, 'n paar nuttige woorde:
  • Saluton (hallo) of Bonan Tagon! (goeie dag)
  • Dankon! (dankie)
  • Ĝis revido! (totsiens)

Nog nie oortuig nie?

Toegegee, in Esperanto is die “moelike werk” aan die begin gekonsentreer.  Maar sodra jy al die basiese elemente bemeester is jou woordeskat en uitdruk-kingsvermoë byna onbeperk.

Dink daaraan:
In hierdie kort blaadjie het ons 15 woordstamme, 4 voornaamwoorde, 4 woordeindes, 6 voegsels, 1 lidwoord en 1 voorsetsel verskaf.

Met hierdie basiese toerusting reken ons dat dit moontlik is om ten minste 150 woorde te bou (sonder meervoude) en 'n reuse aantal sinne te skep.  Met elke nuwe element groei jou vaardigheid eksponensieel.

Hoe lank het dit jou geneem om deur hierdie blaadjie te werk?  Kan jy aan enige ander taal dink waar dit moontlik is?

Proudly powered by Weebly